
Kultuur, Sentimente en Waardestelsel van toepassing op die Boervolk en sy Burgers
Die leser moet alle persoonlike sentimente en emosies weerhou en daarop ag slaan dat die Natuurwette en Natuur-beginsels die primêre faktore is wat deurgaans in gedagte gebou moet word. Die leser moet verder in gedagte hou dat ons wetenskap en geskiedenis deurgaans bewys aan die wie oplet daarna, dat die mensdom se bestaan op baie valshede en breinspoeling berus.
Die huidige wêreld-gesondheid-en-beheer-situasie waarin die Boervolk homself bevind, asook die ontbloting van ons en ander se ware geskiedenis, asook die ontbloting van euwel manipuleerders, asook die bedreiging en aanvalle op die Boervolk en ander blanke rasse, maar veral die vryheid en selfbeskikking-drang van die Boervolk, bepaal of beklemtoon verskeie van die standpunte geneem.
Die faktore wat hieronder bepaal word, is oorgeërfde kultuur, behels aangeleerde fasette, sentimente en waardes van Boervolk wees met die doel daarvan, om goed te leef en almal te bevoordeel. Daar sal in die mense-geskiedenis nooit vrede wees nie. Die bloedlyne wat oor die wêreld heers, pas euwel beheer toe vir baie lank en sal dit onder geen omstandighede prysgee nie. Hulle sal eerder die hele mensdom vernietig. Die ontblotende water-draer tydperk wat sedert 2012 begin het, ontbloot op groot skaal die waarhede van die wêreld en die mens se vernietiging gebeur reeds met die mens se eie samewerking.
Die Afrikaner word met sy goeie ywer en finansiële bevoordeling deur die euwel bloedlyne gebruik om Suid-Afrika te beheer en elke verkeerde en destruktiewe mosie, onregverdige wet, verwronge faset en slegte insident sorgvuldig te laat realiseer.
Daarom is, die Beheerders oor die Afrikaner, die Afrikaner en elke Afrikanerbond en hul werknemers en hul vriende, en hul beheer-meganisme-toepassers, ons vyand.
001 Die Boervolk is `n Volk wat gevorm het uit Europese blanke volke waaruit weggevlug is van veral die euwel dade en beheer deur geloof.
002 Die Boervolk is die Geloftevolk wie verwys na die Almagtige Skepper van die Natuur met sy Skeppingswette waarvan ons volkome afhanklik en ondergeskik is.
003 Die Boervolk bestaan uit blanke mense wie Boere genoem word. Die Boervolk het nie noodwendig `n konnotasie met Landbouers nie.
004 Boere is individualiste wat mekaar gelyk ag sonder leiers. Elke Boer is `n leier in sy eie reg en handhaaf die volk se verantwoordelikhede.
005 Tittels word aan Burgers toegeken slegs in amptelike hoedanighede vir die tydperk van hul plig-uitvoering.
006 Boere beredeneer oor sake totdat daar ooreenstemming bereik word deurdat elke burger te kenne gee dat hy of sy die beslissing van `n saak aanvaar.
007 Boere behoort nie aan enige politieke partye nie en neem nie deel aan politieke party sake of organisasie-sake nie.
008 Die Boervolk werk saam in `n Republiek stelsel vir die gesamentlike sukses van almal.
009 Boere verkul of bedrieg niemand nie.
010 Boere word nie in diens geneem nie.
011 Die Boervolk se lewensreg en bestaansreg berus op sy grond en word deur die werking van die Boervolk se Republiek verseker.
012 Die grond waarop die Boervolk leef behoort aan die Boervolk se nageslag.
013 Boere ag dit hul verantwoordelikheid om die natuur suiwer te hou en dit te respekteer.
014 Die Boervolk se lewensversekering berus op die Boervolk-verteenwoordigende-raad.
015 Die Boervolk vermeng of eksperimenteer in geen opsig oor die kleurgrense of met ander rasse nie en bemoei hul nie met ander rasse-sake nie.
016 Geen kras taal word voor vroue en kinders geuiter nie.
017 Taalgebruik word gekoester om dit mooi en suiwer te hou.
018 Die Boervolk deel sy talente slegs met sy eie burgers en sy nageslag.
019 Boere ag dit hul plig om gawes, talente en kennis met hul nageslag te deel.
020 Die Boervolk werk saam sodat elke burger `n dak oor sy kop en kos het om te eet.
021 Die Boervolk ondersteun nie versekering, assuransie of enige parasiet-stelsels nie.
022 Senior burgers word gerespekteer as meer wys en met meer lewensondervinding.
023 Uit tradisie van die Boervolk, noem mense `n ouer man "Oom" en `n ouer dame "Tannie".
024 Burgers praat opbouend van mekaar en respekteer `n ander burger se siening en handelinge.
025 Onmin tussen burgers word so ver moontlik respekvol met mekaar uit beredeneer.
026 Die Volkshof se proses beslis oor misdade en onmin wat onopgelos bly.
027 Die Boervolk en veral senior burgers bepaal wie spesifiek die Boervolk se vyande is.
028 Die Boervolk komprimeer onder geen omstandighede met vyande of indringers of parasitiese ondernemings of ander-rassiges nie.
029 Die Boervolk sosialiseer onder geen omstandighede met ander-rassiges en kulture nie.
030 Manne bemoei hulle nie met `n ander man se vrou nie en vroue bemoei hulle nie met `n ander vrou se man nie.
031 Openbare gesprekke, media berigte en uitsendings word volgens die streng grense van die Boervolk-kultuur gehandhaaf.
032 Administrasie werkers moet deeglik opgelei wees en hul take met ywer op die beste standaard en volksverwagting uitvoer.
033 Boervolk burgers wat hul eiendom wil verbeter kan geld daarvoor vanaf die Boervolkbank verkry.
034 Dit is verpligtend dat Boervolk burgers hulself sal bewapen.
035 Boervolk burgers maak elkeen so ver moontlik, staat op sy eie medikasie en middels wat deur mede-burgers voorsien word.
036 Boervolk burgers maak elkeen so ver moontlik, staat op arbeid verskaf deur mede-burgers.
037 Boervolk burgers maak elkeen so ver moontlik, gebruik van handelsmiddels, bronne, en dienste wat deur mede-burgers verskaf word.
038 Boervolk burgers neem sterk standpunt in oor alle Boervolk-waardes en kultuur.
039 Die Boervolk verteenwoordig en funksioneer in elke faset van die moderne wêreld sonder deelname in onnatuurlike en destruktiewe prosesse.
040 Die Boervolk respekteer en gebruik grond met die natuurlike prosesse daarin vir landboudoeleindes en gebruik konstruktiewe maniere vir plaagbeheer.
041 Ander-rassiges word beskou as tydelike besoekers wie binne beheerde datums volgens hul doelwit vir besoek vertoef, waarna hulle na hul eie land moet terugkeer.
042 Volgens die Boervolk-sieners se waarskuwings, berei die Boervolk hom voor om blanke Europeërs te ontvang wat kan weg vlug nadat drastiese gebeure daardie lande tref.
043 Die Boervolk volg en respekteer eerstens die Boervolk-kultuur, sentimente, waardes en wette.
044 Boervolk-burgers onderteken `n emansipasie-dokument en volg `n emansipasie proses wat aankondig dat daardie burger homself of haarself vry verklaar vanaf elke stelsel en organisasie wat hoegenaamd heerskappy of seggenskap in enige opsig het of eis oor die burger.
045 Boervolk-burgers onderteken `n eed van getrouheid en toewyding om mekaar te verseker van die erns waarmee ons Boervolksake hanteer.
046 Die Boervolk en sy burgers maak elke moontlike poging om alle gelde wat betaalbaar geag word vir dienste en inkomste, eerder aan die Boervolk te gee.
047 Die Boervolk maak van elke moontlike proses en middel gebruik om sy lewe, gesin, familie, eiendom, mede-burgers, volksbates, en land te beskerm teen elke aanval, uitbuiting en benadeling.
048 Alle Administratiewe prosesse moet volgens eenvoudige en sinvolle prosedures voltooi word.
049 Die belangrikste faktore wat deur die Boervolk-Verteenwoordigende-Raad aan die Boervolk voorgehou word, moet deur burgers as dringend en noodsaaklik aangespreek word.
050 Die Boervolk-Verteenwoordigende-Raad word deur die breë Boervolk-publiek ongepolariseerd verteenwoordig om elke moontlike faset van volk en menswees te hanteer.
051 Die Boervolk ondersteun mekaar so ver moontlik om uit die geldmag verlos te kom.
052 Elke Boervolk burger werk verantwoordelik om sy eie gesin te kan versorg.
053 Jong volwassenes het die verantwoordelikheid om hulself met kennis en kundigheid toe te rus.
054 Die Boervolk werk saam om werksgeleenthede aan jong burgers te verskaf.
055 Boervolk burgers voer hul spesifieke take uit maar het ook die gesindheid om alle ander fasette van werk, onderhoud en lewe te ondersteun waar dit moontlik of nodig is.
056 Boervolk-komissies wat bestaan uit burgers wat verkieslik in daardie striktuur-velde funksioneer, help met die ondersteuning, riglyne, prosesse en ampsbepalings van die verskillende Republikeinse strikture.
057 Plekname wat deur ons voorouers toegeken is, word met respek behou.
058 Beheerstelsels, belasting-strukture, en uitheemse parasietstelsels wat op ons paaie en ander plekke geïmplementeer is, word verwerp.
059 Die Boervolk aanvaar jurisdiksie slegs vanaf sy eie volk.
060 Die Boervolk grense, wette, riglyne en strikture word onvoorwaardelik aanvaar en toegepas totdat die volk dit in die toekoms nodig ag om aan te pas.
061 Die Boervolk Vierkleur-vlag en Boervolk-embleme is die trotse simbole van die Boervolk.
Skeppingswette:
1) Die Natuur dikteer ‘n sigbare voorbeeld aan elkeen.
2) Alle lewe strewe in doel en daad daarna om sy eie soort se voortbestaan te verseker.
3) Elke spesie bring sy ewe in soort voort met elkeen se spesifieke doel en aansien.
4) Elke spesie in die natuur is van vermoëns voorsien en word getaak om sy bestaan eervol en getrou aan sy skeppingsdoel te volbring.
5) Elke spesie se bestaan en voortbestaan is noodsaaklik vir die voortbestaan van ander spesies.
6) Geen spesie is minderwaardig of uitverkore teenoor die res nie. Van die kleinste tot die grootste is belangrik en noodsaaklik vir een of ander doel van voortbestaan op aarde.
7) Die uitsterf of vernietiging van ‘n spesie is vir ewig en veroorsaak die uitsterf van ander spesies en is ‘n skending van die volmaakte skepping wat rampe en ellende meebring.
8) Geboorte en afsterwe is die ewigdurende vernuwingsgebod wat die skepping jeugdig, kragtig en groeiend hou.
9) Die onvervalste Natuur is en bly die enigste bron van kennis en waarheid. Dit is die maatstaf waaraan alle kennis en idees, die doen en late van mense, getoets moet word.
10) ‘n Volk en ras se voortbestaan is direk onderhewig aan die skeppingswette.
Onderhoud van Skeppingswette:
Die mens se bestaan op aarde is die bewys dat hy ‘n noodsaaklike funksie en skakel in die Natuur se ewigdurende siklus is, toegerus met die nodige vermoëns en vaardigheid. Om die funksie eervol te vervul, is die vervulling van jou bestaansreg en die voortsetting daarvan. Die mens is dus ‘n volksverbonde en eiesoortige groepering onder die soliede, onveranderlike natuurwette. Dit eis eendragtigheid in doel en funksie, en ‘n rigiede verantwoordelikheid vir:
Die reinheid van jou bloed en gene,
Die bevordering en vermeerdering van jou spesie,
Die beskerming en verdediging daarvan,
Die voeding en opvoeding van kinders om trou, trots en eervol te lewe in dankbare trou aan die natuur en die Skepper daarvan.
Die mens word uit ‘n volk gebore vir diensbaarheid aan die volk, asook vir die bevordering van die ras. Rasgenote moet in harmonie met mekaar lewe en mekaar ondersteun, en verskille moet volgens natuurwette bespreek en besleg word. Die mens mag sy eie opinie hê, solank dit sy volk en ras dien, en die Natuur se orde bevorder.
Alle volke het die natuurlike instink tot lewe, mits hy onafhanklik op sy eie grondgebied, aan sy eie behoeftes uit sy eie kragte, kan voorsien.
‘n Volk of ras wat sy grondgebied vernietig deur metodes wat in stryd is met die Natuur se orde is, het geen aanspraak op lewe nie.
Alle volke of nasies wat nie deur die skeppingsmag as deel van die Natuur gevorm is nie, is nie in harmonie met die natuur nie, en kan gevolglik geen bydrae of insette lewer nie. Hul leef ‘n doellose bestaan, met verdraaide en verwronge gedagtes waarmee hulle korrupteer. Hulle het geen dieper kennis van die skepping en die bedoeling daarvan nie. Derhalwe vernietig en verteer hulle en buit alles onder die dekmantel van n verdraaide, self-geskepte geloof, wat aan hulle sekere regte gee.
Hierdie is die beginsel van die Natuur. As ons in die vervolg kyk na wat die mens is, dan moet ons besef die mens is n gegewe skakel binne in die Natuur, met sy veelvuldige verskille en soorte, elke een is getaak en voorsien van die vermoëns om sy taak volwaardig te vervul. Hierdie is die harmonie wat in die Natuur voorkom.
Standpunte:
Geen Boervolk burger mag ingeënt word nie. Nie vir enige doel of rede nie.
Elke Boervolk burger moet homself en haarself bewapen.
Musiek
Sarie Marais (in Boers) met fotos van die Anglo-Boere Oorlog.
Sarie Marais (Sarie Marijs) gesing in Boers deur Chris A. Blignaut & Die Melodians c. 1931.
Met fotos van die deelmeners in die Anglo-Boere Oorlog..